Simptome

Konstante hoofpyn of lighoofdigheid, duiseligheid, moegheid, angs.

Ek moet met iemand praat wat sal verstaan hoe of my beter sal kan verduidelik wat ek voel.

Ek lees nounet dat mens nie bang moet wees vir verandering nie, want jy kan nie verbeter sonder om te verander nie. En dat daar niks fout is met dinge vir jouself doen nie. En dat jy nie mense se prekonsepsies oor jou jou toekomstige verbeteringe laat beïnvloed nie.

Jodie is verskriklik mooi. Sy skryf soos wat ek dink, en blykbaar skryf ek soos wat ek dink. Dit skep ʼn mooi harmonie.

Ek is bang dat ek eendag die lewe deur sal gaan sonder om vir almal vir wie ek omgee genoeg te laat besef het hoe baie hulle vir my bedoel.

Ek het ʼn vriendin, Laika, wat elke nou en dan oorsee gaan, en ek wil haar nie binnekort verloor nie. Sy is een van die mense wie ek al die langste ken, en met wie ek ʼn diepe bond deel. Een van my gunsteling herinneringe is die dag toe sy my ʼn kombers kom gee in die nag omdat sy gevrees het dat ek moontlik sou vries.

Ek haat die feit dat in die grootmenslewe dit so moeilik is om by mense uit te kom.

Ritter het ʼn depressiewe episode gehad waarvan ek nie geweet het nie. “Doen die moeilike goed nou, al voel jy nie lus daarvoor nie,” sê hy, “en volgende keer sal dit makliker wees.”

Here, help my. Ek wil nie meer siek wees nie.

-Charlton, 22 April 2019

Advertisements

Posted on 22 April 2019, in Uncategorized. Bookmark the permalink. 1 Kommentaar.

  1. Ek ken jou nie maar drukkies is verniet 🤗

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: